Die gepastheid van “G”
G is my gunsteling letter
Gedigte, Gondoliere en Grasangeliere
Geel, Giggel en Gesels
Genoegsaam, Gelukkig en Gehoor
Gemeensaam, Gannabos en Geelwortels
Meestal want dis die naam wat ek liefhet
God van Golgota van Gister en van Genadebrood
God van Gerubs wat Gestand voor my Gaan
God wat oor my Glimlag
So al hou ek van Gesond, van Ganse en Garingbome
Al droom ek oor Galant, Galileo en jou Gesig
Al verstaan ek nie Grieks, Galvanisme of my Gade
Bly G my Gunsteling letter
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.