NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 18
HOOFSTUK 17
Die oggend is des Pontes weer vroeg met die Cessna in die lug om te gaan voorrade afgooi. In een van die houers is n sterk radiosender om kommunikasie tussen die groep en de la Rocha te bewerkstellig.
Gelukkig vlieg hy laag oor die water want hulle het heelwat gevorder en is hy n oomblik verbaas toe hy die twee skuite roeiend op die rivier gewaar. Hy erken hulle dadelik tussen die visserskuite want die lê stil in die water Hy neem dadelik n koerspeiling en kom agter dat hulle aan die beweeg is. Hy moet eers weer klim om te draai en dan laag oor die water te kom om die voorrade en die boodskap af te gooi. Hy merk ook op dat Rosa kaal bolyf is en glimlag. Daar sal n plan gemaak moet word om haar ordentlik te klee voor die patrollieboot hulle oppik. Kaal bolyf meisie tussen die patrollieboot bemanning kan net probleme veroorsaak.
Die voorraad houers word deur die twee skuite opgepik toe die vliegtuig weg is. Andries kry die boodskap in n waterdigte sak aan een van die houers geheg. Toe hy die sak oopmaak trek hy die vel papier uit en lees dit. Met n glimlag vertel hy vir Raba en Rosa dat daar n patrollieboot gestuur gaan word om hulle op te pik. Die boot word nou toegerus en behoort hulle oor drie dae te bereik.
Vir die eerste keer in al die tyd slaan dit deur, Rosa met haar kaal bolyf. Rosa slaan haar hande oor haar mond “O tyd ons sal n plan moet maak om iets te prakseer vir my om oor my bolyf te trek. Ek kan nie so kaal op die patrollieboot klim nie”.
Die volgende houer wat hulle oopmaak los die probleem gedeeltelik op toe hulle die radiosender uithaal. Andries stoot dadelik die lugdraad in die lug en begin soek. Na n paar minute is hy en Des Pontes met mekaar in verbinding en stel hy die probleem nadat hy hulle verseker het dat hulle in goeie gesondheid verkeer:”Ek sit met n kaalbors meisie hier wat voel sy kan nie so op die patrollieboot klim as ons die boot ontmoet nie Kan daar moontlik vir haar ordentlike klere gestuur word as jy weer kom”.
Des Pontes lag lekker: “Sal maar moet want ek dink dit is ook nie goed vir jou bloeddruk om heeldag teen n kaalbors meisie vas te kyk nie”.
Andries is nie op sy bek geval nie en antwoord dadelik: “Ek is dit al gewoond, dit is julle bloeddruk wat dit nie sal hou nie”.
Brigadier de la Rocha wat na die gesprek luister kom in: “Andries dit is goed om jou stem te hoor. Daardie meisie het die onmoontlike bereik om jou daar uit die woud te loop uithaal saam met Raba. Ek het eers gedink die boodskapper lieg maar nou weet ek jy is oppad terug. Die patrollieboot sal more oggend vroeg reg wees om te vertrek. Ek gaan nie weer die vliegtuig stuur nie tensy daar n nood situasie opduik. Sal sorg dat die patrollieboot vir julle klere saambring”.
Andries glimlag vir Rosa wat bloedrooi bloos: “Probleem opgelos nou kan ons aangaan”.
Die tog word voortgesit en nie eers vir die middagreën onderbreek nie. Die aand is hulle doodmoeg toe hulle aan wal gaan om te rus vir die nag. Gelukkig is daar genoeg kos vir drie dae in die voorrade wat hulle ontvang het en hoef hulle nie oor n kosmakery bekommerd te wees nie. Daar is tot n klein gasstofie in die voorraad met vars water en kan hulle die kos net warm maak voordat elkeen in n boom klim om n gerieflike tak uit te soek. Die komberse wat in die voorraad was voel lekker knus en warm.
Die vaart die volgende dag verloop glad en is dit seker so tien uur se kant wat die lug swaar bewolk raak. Raba kyk bekommerd na die wolke en dan wys hy na die wolke en praat met Andries” Ons sal aan wal moet gaan as dit begin reën. Hier kom n groot storm aan”.
Andries knik met sy kop, hy gaan nie met Raba stry nie want hy is self bekommerd oor die swaar wolke.
Twaalf uur begin dit reën en gaan hulle aan wal. Die volgende oomblik sak die reën uit en stort die water emmersgewys op hulle neer. Dit is eers laat die middag wat die reën opklaar en is die druipnat toe hulle n stukkie eet en hulle om die stofie probeer warm maak.
Hulle slaap ongemaklik die nag en toe hulle die oggend opstaan voel nie Rosa of Andries lekker nie. Altwee voel koorsig en sit Raba met twee pasiënte op hande. Hy besluit om die dag nie verder te gaan nie en Andries laat weet op die radio dat hy en Rosa n swaar verkoue moes opgedoen het. Hulle sal ook nie verder reis vir die dag nie. De la Rocha antwoord dadelik dat hy die vliegtuig so gou as moontlik in die lug sal kry om vir hulle n houer met medisyne en klere te neem. Hy deel hulle ook mee dat die patrollieboot die oggend sal vertrek om hulle op te pik.
Die dag bring hulle maar rustig deur met Raba en die ander Indiane wat allerhande bolle gaan soek om n brousel aan te slaan on die koors te verlig. Hy kry gelukkig n paar bolle wat hy vinnig kan opkook op die gasstofie en moet Andries en Rosa maar noodgedwonge die brousel sluk. Gelukkig kom die vliegtuig verder tot hulle redding laat die middag om komberse en klere asook medisyne af te gooi. Deur die nag word hulle gedokter en die volgende oggend is die koors gebreek en kan hulle weer reisvaardig raak.
Vroeg oggend stuur Andries n radioberig uit dat hulle beter is en weer die tog gaan aanpak, hulle sal hulp vra indien dit nodig is. Die Indiane wat hulle vergesel word ook terug gestuur en heers n gees van optimisme op die skuit. Raba roei nou alleen en roei hard want hy wil Andries, nou reeds aan uitputting blootstel nie, sy gestel is nog te swak van die koors en met die patrollieboot oppad kan hulle maar bietjie stadiger gaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.