Reënlelie
Hartseer wieg jou kelk in die wind
wreed deur voëlsnawels verslind
deur reuse omring wat bo jou troon
verhoed kosbar’ sonstraal op jou kroon
Wagtend op die uur van tien
om dierbar’ son se strale te sien
stammetjie beur swaar na bo vol pyn
amper middeldeur, vinnig aan’t kwyn
Hierdie seisoen is gedoem vir my
aanval enorm van natuur en by
met blare geskeur, druppende gom
vaal en verlep die kleur van my blom
Kelkblare omhels stuifmeel en vrug
stammetjie knak met hoorbare sug
my tyd is verby – ek kon my nie skaar
so ondergrond wag vir volgende jaar
3 Kommentare
-
Viooltjie
Goeie gedig Evelyn. So gaan dit soms met die mensekinders ook :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Evelyn een van jou mooistes