Jongste aktiwiteit:

Egskeiding

Dit is ‘n lewe saam gedeel
vreug en verdriet saam ervaar.
Nou raak hulle verveel,
voel nie meer liefde vir mekaar;
Verwyte, beledigings en pyn
gevoelens bars tot uiting!
Vergete kosbare samesyn
getuienis van die skitterende ring.
Die hof besluit oor die kind,
wee word vir ewig geskei.
‘n Ander sal hulle wel vind
en die jare gaan verby…
Twyfel en spyt, hartseer
verhouding vertroebel, verbreek
sien mekaar nooit weer.
Seer wat binne steek,
want nooit sal hulle vergeet
eerste liefde se verterende vlam.
Jare se beklemmende weet:
Al is ons nie meer saam
tye se herhinnering,
kosbare belewenisse gedeel…
Hoekom tog die skeiding,
wonde wat nooit heel?




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed