Jongste aktiwiteit:

Verwoesting

ingenieurs ontwerp
staal strukture
klee staal in beton
voete tot blink hoed
heel dag deurdie nag
in veiligheid faktore* drie tot ses

staan vas
as stormweer kom
wit om grys staal plots water
fondasies kalwe weg
grond is nie ontwerp
in veiligheid faktore van drie tot ses

ontwerp vir beheer
is net arrogante illusie
uitkoms word in tyd bepaal
soos samelewings en self vergaan
sonder enige wins
van derde tot sesde geslag

*Ingenieurs ontwerp strukture in faktore van veiligheid waar een normal daagliks gebruik kan weerstaan en hoër vir risiko gebruike




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed