aria
kantate
uit lewens opera
eers dralend speels
dan dringend en fanfare
so kom sy stem oor die see
suisend en soms woedend
oor duin en steeg geveë
skoon vee hy nie juis
meer mors met alles
gooi hier rond
tel daar op
warrel
en verwar
almal met sy
meëdoënlose sang
so is die aria van sy stem
gebore uit eensaamheid
gemessel op harde
klipfondasies
van lewe
se operastem
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.