
brakkie
–
geduldig lê hy
onder by my voete
sy gesiggie plooi soms
van pure afwagting
dan soek hy meer
met sagte tong
lek hy my voet
effens kielierig ja
so duidelik verknog is hy
aan my teenwoordigheid
solank hy net naby
kan wees, is hy
dol gelukkig
en bly hy
vrolik
is
daar ook
mense wat
mekaar se voete
in liefde sal
was
geduldig
sal wees
om maar net
teenwoordig te
kan wees
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Nelmari Barnard
Treffend, eenvoudig, waar, roerend en absoluut pragtig.