Jongste aktiwiteit:

Music box dancer

Met blink ogies sien ek die linte
die skittersterre aan takke se punte
my hartjie klop onbedaarlik heen en weer
al die mooi maak hom eintlik seer
engele-tannies sing Stille nag
bring só wondermooi in my bang gewag
was net altyd gewoond aan raas en skree
daarom beweeg ek sku met skuifeltreë.
Kersvader-oom roep my naam
terwyl hy met ‘n pakkie in sy hande staan
tog kan ek nie my bene laat beweeg
te bang vir die onverwagse oorveeg.
Tannie Tessa vat my hand en glimlag stil
‘n weeshuis-tannie met ‘n vaste wil
Verdwaas, met ‘n blink pakkie in my hand
bekyk ek hom goed en deur van alle kant
my eie pakkie, net vir my, myne alleen.
Sagte hande hou my bewende handjies vas
as ek onbeholpe oor blinkpapiere tas.
Die mooiste, beste, boksie met blou
is myne wat ek in my handjies hou
ek wil huil as tannie die sleuteltjie draai
netnou breek sy my boksie fraai
dan lig sy stadig-versigtig die deksel op
en daar dans die fraaiste ballerina pop.
Vandag nog fluit ek die deuntjie stil
as verlange na mooi in my siel kom gil.




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed