Jongste aktiwiteit:

Seisoen “blues”

Gewillig beur my muse voort…
bearbei elke greintjie gevoel in my gemoed
om skeppend te blom tussen woorde,
beskrywend te wees in glorie en gloed,
te onderrig met elke klik van die skakel,
soek tot skoor met die woordeboek.

Dalk moet ek jou stiebeuel skiet gee…
maar hoe gee jy lewe aan ‘n dooie hart,
verkalk tot in die aorta van gevoel,
klakkend klinkend leeg.

Het my hart dan hard geword…
die muur om my siel te hoog?
Waarom struikel my gedagtes
nog wanneer herinnering stort
oor die afgronde van onthou…

Tog ‘n ander se seer en verdriet
vorm ‘n enk’le traan wat plof in die stof…
en verdamp in die droë verlate woestyn van my hart,
so diep gebêre… my eie smart
tussen verwronge mirage beelde van al die gisters,
ou trane verdroog tot ‘n soutpan-padkaart.

Swartgallig is ek nie, net woestyn droog
en wind verwaaid in die aanslag van tyd.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed