Spel reg
WeesWoordwys! Geleen by Sonder Seëls aanlyn tydskrif.
Hoewel dit snaaks en soos ‘n spelfout lyk, sit ons nie meer ‘n koppelteken tussen nie en die daaropvolgende woord nie.
Voorbeelde: nieaansteeklik, nieaktief, nieamptelik, nielid, nienakoming (van ’n reël), nieprovinsiaal, nieregeringsorganisasie, nierookgebied
Uitsonderings ’n Koppelteken word wel gebruik:
• Wanneer die tweede woord met ’n hoofletter begin: nie-Christelik, nie-Joods,nie-Duitsers, nie-Afrikaans
• Wanneer die twee woorde nie uitgespreek kan word sonder ’n koppelteken nie:
nie-essensieel/nieessensiele
Titels en benamings word ook sonder n koppelteken geskryf wat begin met:
adjunk-, assistant-, hoof-, mede-, onder-, sub- en vise-.
Voorbeelde: adjunkdirekteur, adjunkminister, adjunkpresident, assistentredakteur, assistentverpleegster, hoofbestuurder, hoofsekretaris, medeborg, medeprofessor, medewerker, onderhoof, ondervoorsitter, subredakteur, viserektor, visevoorsitter
Uitsonderings Koppeltekens word wel gebruik by:
direkteur-generaal, sekretarisgeneraal, regter-president, luitenantkolonel, speurder-sersant, adjunkdirekteur-generaal, adjunk-regter-president
Een Woord* nie titels
* Bron: Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017)
Baie van ons het op die skoolbanke geleer dat sekere woorde met ’n koppelteken geskryf word. Die Taalkommisie het lank reeds onder ons neuse besluit dat sekere van hierdie woorde nou as een woord geskryf word. Nie almal weet van hierdie reel nie; neem dus maar kennis van die volgende:
Dieselfde reels wat vir ‘nie’ geld, geld ook vir ‘oud’:
oudburgemeester, oudleerling, oudonderwyser, oudstudent, oudregter, MAAR oud-MK, oud-Kovsie, oud-Tukkie
Nog samestellings sonder ’n koppelteken:
leerlingapteker, leerlingbestuurder, amateurbokser, aspirantskrywer.
4 Kommentare
-
-

Ano
Phew, en net so vinnig word ek herinner dat ek byna nooit tydens enige taal les geluister het nie. Dit is byna soos kos. Ek weet daar is 'n kombuis met potte en panne, maar het nie werklik belangstelling oor hoe dit gebruik word nie. Ek weet daar is taal, my beste liewe Moedertaal, maar die tegniese deel is bietjie - uhm - ja - boring??
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Nouja, as jy so verder aspireer, kan nog iets uit jou word. Nè? Maar, ernstig: Alle tale het die een-of-ander reëls vir die sondertekens, mos. Dis net vir ons analfabete moeilik om dit te onthou. Nou, ek's analfabeet in drie tale en ek moet probeer om die reëls van aldrie uitmekaar te hou. En dis verflix swaar (oeps -- besonders moeilik). Dan kom nog die ander dinge soos spel- en vertaalreëls daartoe- [Man, waar kry hy al die letters met kappies en püntjies op? Hnnh?] Maar deurbyt! Eendag is ek ook sover en kan dit ook leer. Elk'geval, dankie vir die taalles! GvT (Örigens, is daar reëls vir apostrofe?)