Hoenders regeer
ek het n hoener sonner stertvere
want justice die kat het daai vere een vir een uitgetrek
dit het verwilder en raas en maatreels gekos om saamleef hier te bewerkstellig
met verloop van tyd het die kolonel die posisie van hoof huisdier betrek
dis nou net hier wat ouma
dit nie meer kon aanskou
miskien oor sy nie meer mooi kan sien nie
of dalk nie van hoenners hou nie
dalk is dit die die blerts onder haar sool
wie sal weet want sy kan nie sê nie
met driftige kap van die loopraam hoor ek haar woordelose protes
wat ouma nie weet nie is dat hoenners die wonderlikste vere vrienne kan wees
ek dink wat my ma nie kan verdra nie
oor hy binne en buite loop maak nes hy wil wetteloos
en niemand hom verja nie
nie eers die justice die kat of die yorkies nie
niemand verhang maklik hierdie bordjies nie
kolonel is baas op hierdie plaas
kondig getrou die dag aan enigetyd as die gordyne oopgaan
selfs as ek van die werk af kom
kom hy aangedraf
of dit nou blydskap is of magsvertoon is ek nie heeltemal seker
maar die dag toe hy op die enjinkap spring bors uitstoot en my aankoms aankondig is die noue band tussen ons verseel
het hierdie hoenner my hart gesteel
nou loop ons n pad
daars diversiteit op my jaart
toe ek vanmore my koffie op die stoep gaan drink sit hulle almal daar in die son
die hoenner die kat die hondjies en ouma ook
haar loopraam staan eenkant
ek glimlag
partykeer is dit baie makliker as wat ons dink om n groot tevredenheid om ons te dra
©inblueink 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ag dis pragtig as ń kind wat met hoenders, Jode, Arabiere boere ens groot geword is die gedig na aan die nerf Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Die reëls is lank met korter reëls kan jy die topografie verbeter en die gedig breek in frases wat die gedig meer lees vriendelik kan maak