My brulpadda-prins
Opgeblaasde bek
waaruit geen kwaak kwaak kom
net ‘n oorverdowende stilte….
Alles net oor ‘n gekrap
waar hy nie dink dit jeuk
en nerwe word sommer baie dun
my blaas-oppie brulpadda
met sy opgeblaaste eergekrenkte bek.
Nou is dit mooi praat
Sagkens paai
en ‘n klapsoen
op die opgeblaasde bek
sodat my blaas-oppie brulpadda
weer verander in my padda-prins!
Elna Kruger 2016
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Oulik!!!!