Passie
Passie . . .
Jy die blonde reus
vol planne
amoreus
hou nog steeds
my hart in jou hande
glo ek jy sien
my van daar bo
as jy my nog
steeds laat lag
dan sien ek
weer jou
ek-gaan-jou-vir-my-vat glimlag
om jou lippe
ek hoor jou skatter lag
voel jou arms my
in tere omhelsing
omvou
voel ek jou
hartklop
onder my hand
ek sien nog jou
blouste blou oё
soos diep blou
waterkuile
wat my nader
wink
ons in passie
wil laat verdrink
steeds
voel ek jou lippe op myne
voel ek die vuur
onblusbaar
deur jou so
lank gelede
in my binneste
begin
probeer ek
om dit nou
alleen af te lag
voel ek
steeds
die as
van ons
nou koue
passie-vuur . . .
In die kern van
my wese
het jy
‘n vuurtjie
aangesteek
jou hande
oor my liggaam
jou asem in
my nek
jou blou-blou oё
soos diep kuile
wat my nader wink
jou lippe strelend
oor myne
ons hartklop
saam in eenheid
dryf die bloed
wat deur ons are
bruis
al hoё
brand die vlam
uur na uur
niks minder word
as ‘n passie-vuur . . .
©Marsofine Krynauw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.