ou land
op ou land word min geploeg
beurt-saai lankal toegepas
so verander mense ook
van wat was tot nou
lankal se mense was sterk
karaktervas en kragtig
vol emosies en kultuur
bittereinders was hul
vandag se mense is swak
afgewater met parodie
van beelde oor media
wat waardes negeer
môre se mense is sterk
getemper met dwelms
en swak voorbeelde
verbitter in onreg
oormôre se mense kom nog
wat gaan hulle basis kan wees
sal hulle nog uit verlede kan leer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.