Jongste aktiwiteit:

As hy nie beter is nie bel maar weer

Bel môre weer

In Bloemfontein is ‘n loodgieter wat nogal trots op sy werk is en al die mense wat vir hom werk word goed op hul tone gehou. Maar die man het ‘n uitstekende humorsin en hou ook nie daarvan dat mense met hom moet probeer mors nie.

Een Sondagoggend net na kerk bel ‘n dokter die loodgieter in verband met die een toilet is sy huis wat stukkend is. Die loodgieter onderneem om die volgende dag vroeg iemand uit te stuur na sy huis om die toilet reg te maak, maar die dokter wou niks weet nie. Die toilet moes onmiddellik reggemaak word.

Omdat die dokter nie wou verstaan dat dit Sondag is nie en dat die toilet nou nie so belangrik kan wees nie het die loodgieter maar self uitgery na die ou se huis. Daar aangekom het hy die dokter gekry om die stukkende toilet uit te wys en is die loodgieter terug na sy bakkie. Daar so bietjie gekrap, weer toilet toe en oppad uit gaan groet hy weer die dokter wat verneem of die toilet reg is. Die loodgieter antwoord: “Ek het twee Disprins in die bak gegooi, as hy môre nog nie beter is nie bel maar weer.” En met die woorde is hy daar weg.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed