Jongste aktiwiteit:

STILLE WATERS; DIEPE GROND

STILLE WATERS; DIEPE GROND

…….. Hmmm, my kop wat tot byna verdrinktoe in ‘n wasbak vol water gehou word terwyl ‘n man besig is om…. Om my van agteraf te…. te rieparaai. Ek het meer as eenkeer gedink ek gaan verdrink…… ‘n Paar sekondes se asem dan word my kop weer onder die water gedruk en die draak wat net aanhou en aanhou……
Maar dit wat nie die ergste nie……..The Devil’s Mouth was die vreesaanjaendste gewees – dat ek nie totaal van my trollie af geraak het nie is nét Jou genade, Hero; want…..
……..cause why omdat en oordat……
Cause why omdat en oordat dit nie iets is wat ek eers vir daai blêrrie tweegat jakkals toewens nie. Per dalks tog…… Daai glasdoodkis met sy glasdeksel en die klein, rondegatjie in die een hoek van die deksel enne…..
Ek wat kaal-vasgebind binne-in lê…….. en die heletyd bly daar water by daai glaskis insypel – stadig en tydsaam. Water wat stadig maar seker hoër en hoër styg en….. totdat…… Todat dit bo-oor my gesig begin spoel…………en ek probeer om jmy kop so hoog as moontlik op te lig.
Totdat dit voel asof jou nek middel/deurbreek van die eina…. Dan laat sak jy jou kop en los die water om maar met jou te maak wat dit wil. Daar was ontelbaar kere wat als om my net swart was en dan sou ek later wakkerword – eintlik moet ek liewerster sê, later bykom tussen satynlakens met ‘n man wat besig is om met my seks te hê; partykere meer as een….
Maar my Hero het vir Righ gestuur en hy het die eina gesond gesoen, namens Hom……. hy het die vrees weggeneem.
My stukkie persentgekry Liewe Jesus in ‘n mensvel…. hy het……. Eendag, nê….. So paar dae na ek hom vertel het hoekom ek so vreeslikblêrriebaie bang is vir water – was glad nie seker waarom ons ewe skielik agtuur in die aand ons costumes moes aantrek nie; maar ek het nogal taamlik gou uitgevind.
Ek het steeds nie vemoed wat hy van plan was om te doen nie; ek het honor bright nie gedink hy sou so iets doen nie….. Hoewel die costumes my seker moes gewaarsku het.
Hy het my in sy arms opgetel en storttoe gedra; en toe ek besef wat hy van plan was om te doen was dit alreeds te laat… Binne-in sy arms het die kaggelvuurwarm water reeds op my; op en om ons saggies gereën.
Ek wou skreeu……
Maar….?
Maar hy het my so verskriklik teer en versigtig begin soen; liefkoos….. Terwyl die water met speelse hartstog oor ons lywe drentel; en toe ek die water bo-oor my gesig voel was dit – die bang was weg. Die water was deel van ons liefhê op daai oomblik; soos…… soos……
Soos ‘n tempelvoorhangsel……
Ja; nou weet ek waarna ek al solank soek…. Dit was soos ‘n tempelvoorhangsel wat ons afgesluit het…. afgeskort het van die res van die wêreld. ‘n Salwing uit Jou Hand wat my toue losgemaak het en my uit daai grusame glaskis uitgehaal het…… my kosbare, wonderbaarlike Hero!!!
……. Wow…… Sy hande; vir die eerstekeer het ek sy hande op my kaal rug gevoel…. dit was anderster as die kaalhande se walging tussen satynlakens……
Eintlik helemal onbeskryflik anderster….. sy hande en sy mond en die strelende water…. Daai strelende, Godshelende water het. Dit het soos die vrugwater van ons liefde verwek in Jou rondom ons gelê. Dit was so marvelstrucked……
Baie ampertjies het ons in die bed beland!….Enne koue water help nie rêrig om die passie van jou lyf te blus nie!
Huh-uh, dis eers rêrig-êrig ‘n mite, dit was die spontane lag toe ons hande onwetend van mekaar die kouewaterkraan wou oopdraai!
Ek is nie meer so onredelik bang vir water nie – my Hero het my gesondgemaak; met die liefde en deernis van Sy hande wat Hy binne-in Righ s’n kom stort het……Weet mense wil dit nie graag hoor of glo nie – gegewe my vieslike verlede – maar ek en Righ het die heel-heel eerste keer liefdegemaak op ons huweliksnag……..Dankie Hero; so verskriklikbaie dankie…….Aan God DrieEnig AL DIE EER!
My Hero (my Lord of the Dance) het so verskriklikbaie wonderwerke in my lewe gedoen. My weer oor kom maak; vrou kom maak – ek is en sal altyd die liewerste lief vir Hom wees en bly….en ek getuig van hierdie dinge sodat elkeen wat eina het kan weet – o, so verseker kan WEET – dat Hy enige siel kan verlos, enige hart kan gesondmaak en enige man of vrou weer kan oprig en volmaak herstel in Sy kosbare, sagte liefnes wat die menslike verstand te bowe gaan. En in Sy tere, pryslose genade.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie;en mag jou dag vol skaterlag-mooi oomblikke wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander