Bouval van gister
Afgeëts in dagbreek kleure
verrys spookagtig uit die aarde
afgetakeld, gryse bouval
van wat was, lank gelede
eens ’n prag hemelhuis
kamers gevul met liefdeglans
koesterend vrolike kinderstemme
jare vol lewe gevul
veilig was huis bewaar
tot woeste wêreld winde
met vingers uitmekaar pluk
net flenters agterlaat
onkruid rank soekend
beur skeure treurend oop
koesterende drome sypel
deur krake in mure
in laat middagson
weerkaats gebroke vensters
eggos van weleer
met heimwee fluister bome saam
my woning nou leweloos
ontbloot van alle warmte
stemme lankal gesnoer
glans my hart rou ’n afloop traan.
© Taai Bonthuys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.