
liewe aarde
liewe aarde
my verblyf is hier so kortliks
tog is dit my geskiedenis geboek
gisters was nie almal lekker nie
maar die toekoms wink steeds
liewe aarde
elke dag se sonskyn oomblikke
skyn tot diep in my siele vreugde
selfs die wind bring my net liefde
al dra dit sand en goggas aan
liewe aarde
voor jy weet is jy reeds oud
selfs jy steun en kreun al hoe meer
woeste bewegings en rookwolke
verkondig onderliggende pyn
liewe aarde
spoedig sal hierdie hoofstuk oor wees
sal ek en deel van jou net herinneringe word
gebêre in stof suile en vlamme van verlede
geliasseer in data van vorige eeue
liewe aarde
mag die grond waarop ek geplant was
nooit vir ewig wegspoel of verdwyn nie
mag die aarde waarop ek gewandel het
nooit vergete wees vir die nageslag nie
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie werk. 😊