Onvermoë
woonstel venster uitkyk
ń ander woonstel agterent
kamers dieselfde uitgelê
mure deurskynend dun
standaard gemene
swaarkry
toekoms is dun
vir loopneus kind
dubbel brandewyn pa
niemand skree onaanvaarbaar
die moto hier is
oop kanaal plesier
in eie nesbou gebied
die gemiddelde man
met gewerkskaf lawaai
te erg om ander te hoor
die gegoede ry verby
hierdie nie sy mark
elke gety
spin so heen en weer
altyd in beweging
opdrifsels bly spartel in oorlewing,
as ons sou kyk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek