onmiddelik genees (Silwer)
twee blindes smeek onbedaarlik
dit ruk Sy binneste van meegevoel
dan staan Hy stil en steek Sy hand uit
vra hul wat hul wil hê: “om te kan sien”
sonder om te aarsel raak Hy hul oë aan
sonder enige seremonie of instrument
en dadelik kon hulle weer sien
die wêreld om hulle gaan oop
alles wat hul oorheen nie kon sien
dadelik volg hul Hom in die menigte
wat Hom vergesel na Sy kruisdood
maar vir ewig Sy geestelike dissipels
wat Hom aanbid as Verlosser
wat in diepste pyn en smart
wat mens was en tog ook God
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek