Jongste aktiwiteit:

15 November 2025 – 10de Gala

ONS BEDANK DIE VOLGENDE BORGE:

ACADEMY BRUSHWARE

GROEP 7

PHAROS

PENGUIN BOOKS

KREATIO

CHRIS CARSTENS

DEREK EN MELODY CROTS

OUPLAAS VINEYARD NEST

THABA TSHWENE

TWINS GUESTHOUSE

PLANT PERFECT

MALAN SEUNS

LOUIS BRAAIHOUT

MARIETJIE EN EDWIN WILLIAMSON

HUGO BARNARD RAME         

VINTAGE AFFAIR

BATTER BOYS VIR DIE MOOI VENUE

Karen Zoid & Jackie Nagtegaal as beskermvroue

Toespraak – Anzé Bezuidenhout

Goeie naand, kranige digters, skrywers, liefhebbers van die Afrikaanse woord! Vriende en familie.

Wat ’n voorreg om vanaand hier saam met julle te staan, in die hart van ons taal, waar woorde asem word en stories lewe kry. Hierdie gala is ’n viering van julle – die skeppers, die dromers, die stemme wat ons taal laat sing. Elke gedig, elke kortverhaal, is ’n vlam wat die pad verlig vir Afrikaans om te groei en te blom.

Eerstens wil ek alle eer vir hierdie wonderlike samekoms, van ’n saal vol talentvolle mense, aan ons Hemelse Vader gee, vir die GROOT mylpaal van INK Skryf in Afrikaans se tiende verjaardag. Ons baba trek vanaand haar tienerskoene aan. Dan wil ek my man Willie Bezuidenhout  baie dankie sê vir al sy liefde en ondersteuning om hierdie aand moontlik te maak. Ek wil ook dankie sê vir Batter Boys, Amanda, Audrey, Marietjie, Louisa en Ella vir die pragtige saal en portaal.

En dan wil ek julle almal welkom heet, en ek hoop dat julle sal besef dat elkeen wat hier sit in eie reg ’n wenner is. Ander mag dalk dink jou werk is nie goed genoeg nie, maar weet dit, deur net in die bundels opgeneem te word, reeds ’n baie groot eer is. Soos julle weet word alle werk anoniem beoordeel, sonder enige name of nommers daaraan gekoppel. Slegs ek weet wie het wat geskryf, en is glad nie by beoordeling betrokke nie, ek kry dus net die titels van die inskrywings wat deur die bekwame beoordelaars gekies word terug, waarna ek dan die werke opsoek en met die name kombineer. JOU werk of inskrywings is dus jou stem op INK. Daarom wil ek elkeen hier teenwoordig aanmoedig om jou stem te gebruik om jou spesiale boodskap in woorde vas te pen.

Vanaand eer ons die prestasies van elkeen wat deelgeneem het aan INK in 2025. Elkeen van julle wat hier voor my sit!

Julle het met moed en verbeelding, in vrye styl julle unieke stemme laat weerklink. Van die jeug se vars perspektiewe tot die volwasse digters se diepgaande refleksies – julle het bewys dat Afrikaans ’n lewende, polsende taal is. Soos ek op my INK profiel gesê het: “Woorde is my asem en skryf my passie!” Julle passie is die hartklop van hierdie aand.

Maar, laat ons ook ’n oomblik stilstaan by die nalatenskap van groot Afrikaanse digters en skrywers wat ons inspireer. Dink aan Ingrid Jonker, wie se liriese verse soos “Ontvlugting” ons herinner dat emosie en waarheid in eenvoud lê: “My lyk lê uitgespoel in wier en gras.” Haar woorde bly lewe, selfs byna 60 jaar na haar heengaan, omdat sy haar hart op die bladsy uitgestort het. Of dink hoe kragtige poësie en eerlike stemme ons uitdaag om die wêreld dieper te sien. Werke, soos dié in Die Gewildste Afrikaanse Gedigte, wys hoe poësie tyd oorbrug en harte verbind. En dan is daar Carina Stander, wie se digkuns in Die Wonderwese die grense tussen poësie en prosa versmelt, en ons uitnooi om die wêreld met nuwe oë te sien. Hierdie stemme herinner ons dat groot skryfkuns nie net talent is nie, maar ook toewyding, durf, en ’n liefde vir ons taal.

Julle, die digters en skrywers van INK, staan in hierdie ryke tradisie. Elke inskrywing wat julle ingestuur het – of dit nou die 24 versreëls van ’n gedig of die 2500 woorde van ’n kortverhaal was – is ’n bewys van julle toewyding aan Afrikaans. Vanaand se toekennings, van trofeë tot publikasiegeleenthede deur Groep 7 en geskenkpakkies van Pharos, is nie net belonings nie, maar ’n oproep om verder te skryf, dieper te delf, en julle talente te laat groei.

Dis waarom ek vanaand met soveel trots in my hart voor julle staan.  Trots om ons Ink Skryf in Afrikaans baba in tienerskoene te sien. Trots om te ervaar hoe talentvolle en ywerige skrywers, digters en soms net lesers, steeds omgee vir Afrikaans.

Die nuwe siklus van 2026 wink, en ek moedig julle aan: laat julle verbeelding vrye teuels kry. Skryf die stories wat in julle brand, die gedigte wat in die stilte fluister. Julle unieke stem is wat Afrikaans lewendig hou. Bring JOU drome na die tafel toe!

Maar ons krag lê nie net in individuele talent nie – dit lê in ons gemeenskap. INK is net so sterk soos sy gemeenskaplike deelname. Ons platform, www.ink.org.za, is ’n tuiste vir digters, skrywers, en lesers wat ons taal liefhet. Ek nooi julle uit om vriende, familie, en mede-woordliefhebbers te nooi om by die INK-webwerf aan te sluit. Deel die uitnodiging op sosiale media, vertel hulle van die kompetisies, die bloemlesings, en die geleentheid om deel te wees van iets groters. Groei baat ons almal – hoe meer stemme ons byvoeg, hoe ryker word ons tapisserie van stories en gedigte. Soos Langenhoven gesê het: “Om jou een, eie taal, tot nut te gebruik is ’n groter kuns as om sewe vreemde tale by te leer.” Laat ons hierdie kuns saam uitleef.

Vanaand vier ons nie net wat was nie, maar ook wat kan wees. Julle is die penne wat die toekoms van Afrikaans skryf. Gaan voort, bly skryf, bly droom, en bly glo in die krag van julle woorde. Dankie dat julle INK laat lewe. Mag die nuwe jaar julle inspireer om nuwe hoogtes te bereik!

Baie dankie, en geniet die aand! Dankie dat julle GEKIES het om vanaand hier te wees en dankie dat ek julle kan verwelkom in die mooiste taal op aarde.  Afrikaans!

WENNERS FB:

PROSA AFDELING

3.Irma Steffens

2.Audrey Bierman

1.Vera Booysen

GEDIGTE AFDELING

3.Elize Kruger

2.Karina Nel

1.Pierce van Tonder

WENNERS – WEBWERF:

NUWELING VAN DIE JAAR

3.Elize Pucillo (Awona)

2.Audrey Bierman

1.Aniki Joseph

PROSA AFDELING:

3. Susann Moolman (Ano) met HUPS en Aniki Josep met Blom waar jy geplant is

2. Pieter Mostert met TOEKA SE RITUEELTJIES

1.Marlene Erasmus met Wanneer die aarde sug

VERHALE AFDELING:

3.Rika Gerryts met BOSBOKKIE-Oë

2.Marlene Erasmus met DIE WINDPOMP SE DRAAI

1.Amanda de Meillon met Oupa se groot nood

GEDIGTE – BRONS AFDELING:

3.Rosalee Meyer met UURGLAS

2.Leigh Olivier met HUISHUNKER

1.Pierce van Tonder met OP GISTER SE SPOOR

GEDIGTE SILWER AFDELING

3.Colin Steyn met DIE STRIK VAN SIEN

2.Coenie Horak met TJAILATYD

1.Retha van Deventer met SOLO-UITSTAPPIE

GEDIGTE GOUE AFDELING:

3. Elize Kruger met Elekser

2. Amanda de Meillon met HART VAN N OUER

1.Hester Steenkamp met Leonardville

WENNERS 2025 DIG- SKRYFKOMPETISIE:

BOEKPRYSE

Anne-Marie Kotzee

Marietjie Janse van Vuuren (Net Kulu)

Hennie du Toit

Ina Voster

Cornien Naude

Andries Fourie

Annelie Gerricke

Marietjie Steenkamp

Jadric Pedro

Cobus Kruger

Ina Cantonie

Vera Booysen

Maurice Plaatjies

Ilse Botha

Quiriané Charilaou

Retief Pentz

Lisa Coetzee

Sunell Coetzee

Rouxlé Killian

Amone du Plessis

Amorie de Klerk

Caralize Kritzinger

Ingrid Bekker

Kayleigh Anne Breed

Marené Theunissen

MJ du Plessis

Dries Pretorius

PUBLIKASIEPRYSE

Loretta Szikra

Marius Pretorius

Magrietha Marx

Frikkie Dippenaar

Ellari Cambell

Pierce van Tonder

Madelein du Plessis

Danél Botes

Nanette Jordaan

Anja Smit

JEUGWENNERS – KORTVERHALE

5. Laputa – Juhan Olivier

4. Bloednote – Lizelle Pretorius

3. Klaskamerkaskenades – René Viljoen

2. ‘n Week terug 2016 – Imé van Aarde

1. Die verhaal van die Vrystaat heldin – Dané Jonker

JEUG GEDIGTE

5. Die groot bakleiery Nina Kotze

4. Hoe gedigte blom Anja Smit

3. Los die ballon Ethan Bester

2. In my taal bly ek Gayle van Tonder

1. Ink Madelein du Plessis

VOLWASSENES

KORTVERHAAL KOMPETISIEWENNERS

10. Erfgrond – Ansie van der Merwe (RIV) EMSA HAASBROEK ONTVANG NAMENS HAAR

9. Miskien eendag – Ina Cantoni 

8. Plaas vreugde – Ian Nel

7. Vergete bestaan – Irma Steffens

6. Karoo sonneblomme – Hermien Oosthuizen

5. Hulle het haar Katrien genoem – Aniki Joseph

4. In Pappa se plek – Gizela van Aarde

3. Rehoboth – Magdel Afrika

2. Een lange en twee kortes – Alicia Hanekom

1. Kerneels pas skape op – Johan Jansen van Rensburg

GEDIGTE – VOLWASSE DEELNEMRS

10.Retories – Elmarie Nienaber van Kampen

9. Liefde in die nag – Ansie van der Merwe (RIV) Emsa Haasbroek ontvang

8. ’n Tikkie vrede – Audrey Bierman

7. As digkuns sny – Francois Meyer

6. Grond onder glas – Marlene Erasmus

5. Die weeskind – Gideon van der Merwe

4. Huweliksherdenking – Aniki Joseph

3. Op Oupoot se spoor – Amanda de Meillon

2. God se blouste stoep – Elmarie van Wyngaardt

1. Weerkaatsings – Hester Steenkamp

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed