Stad
Wink uit end
Hoog, wyd, blink, gevlek deur tyd,
Tapisserie van idees, abstrak verweef met bloed,
Sewentigduisend vensters verflenter deur nyd,
Rooiligte flikker dof, tooi hoeke in gloed.
Wolkekrabbers prik hemelhoog,
Verligte bakens teen die dofswart hemelruim,
Waar lawaai sonder ophou swoeg,
Luide simfonie van lewe, bont, wild, skuim.
Duur reklames basuin hul boodskap flink,
Helder kleure wat luidkeels gil,
Terwyl skaduwees dans, in stilte wink,
Waar masjiene sien en siele dril.
Die stad pols, wakker en dapper,
Buite is dit donker…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek