Sonnige somer
die temperatuur word warmer
donkergrys verander na ligblou
die winterreënval raak armer
belofte wingerdstokke staan op trou
elk’ wingerdblaar groei groen
trotse druiwe ruik soetsuur
die son bring sonnige seisoen
en skyn op wingerde om elk’ uur
snikhete was alle vuilighede af
sonstrale ontbloot die gees
en word nie swaar gestraf,
maar versoet die menswees
dankie, Here, vir die somer dae
sonder enige lastige plae
©Roeline
16 Februarie 2017
09:16
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.