
Liefde bely in die mooiste neurie-klank
Liefde bely in die mooiste neurie-klank
Liefde bely in die mooiste neurie-klank….
Hoe sal dit klink vir jou my lief?
Dit sal wees wat ek vir jou wil neurie lewenslank,
want my hart is beroof deur jou my liefste hartedief
My liefde vir jou lê dieper as die diepste punt van die oseaan.
My skatkis vol woordjuwele lyk maar baie vaal.
as ek voor jou kom staan.
My woorde kragteloos in my geliefde taal.
Ek het gedink dat ek nie iemand nodig het
Toe ek jou ontmoet het was dit nie lank
Of ek was nie meer tevrede met wat ek het
Want jy is liefde bely in die mooiste neurie-klank
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek