Mossie maar man
Mossie maar man
Ek lees die gedigtebydraes en
en besef hoe wel ter tale meeste is – – –
Hulle byvoeglike naamwoorde is so
veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou
se pragtige oopgespreide stertvere en
skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie
met my beskeie getjirp oorskadu deur
hul welluidende woordklanke
maar ek ruk my reg en laat my woorde
in alle beskeidenheid hul vonkel herwin
en laat die vaal ou voëltjie met groter
selfvertroue haar vlerkies sprei en
haar getjirp braaf laat hoor want
mossie maar man! – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.