Tot dan
Tot dan
Op ʼn trae dag vou ek die lug blou,
tortelduiwe ballon in my hande.
Ek wil swerf deur jou stede
en rus in die stilte van jou wolke
kom lees briewe in my oë
kom brand hier in my klowe.
Reinig my are met reën
en fynsand deur my vlees –
verf my in gekleurde linte.
Met ʼn Viool-sonata
wil ek tydruimte plooi
tót ek en jy oplos
in die stelkunde van liefde.
Tot asem in my opraak –
tot dán sal ek jou liefhê.
© Ernst Fernando dos Santos
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek. Lees net asb die opdrag van die projek mooi deur.