
Sonder Jou
Sonder Jou.
Jy is
die son,
maan en
sterre, die
rigtingwysers
van my geestelike bestaan,
die suurstofasem wat my
borskas laat dein soos die ewig
rustelose lewegewende oseaan – – –
Sonder jou wankel my skredes,
verdof die glansende elemente
tot duisternis, en is die ligte
van my inspirasie
afgeskakel – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.