Jongste aktiwiteit:

Hoe kan ek vergeet

Hoe kan ek vergeet.

Hoe kan ek julle vergeet
wat my lewenspad gekruis het?
Hoe kan ek julle vergeet
wat ‘n impak op my lewe gehad het van
doodgewoon lojaal tot bogemiddeld begaafd,
want vir almal was ek lief op eie meriete – – –
Hoe kan ek julle vergeet
al die paaie wat ek deurkruis het
reguit hoofpaaie en kronkelende tweespoor
afdraai plaaspaaie my voetspore uitgewis vergete – – –
Hoe kan ek julle vergeet
al die vriendelike drumpels wat ek betree het
die hartlike gasvryheid en gul ontvangs?
Hoe kan ek Hom vergeet
wat altyd by my was en bewaar het?
Hoe kan ek dit alles vergeet?
O ek onthou, ek onthou dankbaar
almal en alles,
ek onthou – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed