vlerke
word stil in jou vlerktog kind
alles wat jy sien is ondeurgrondelik
alles lank reeds voor jou tyd bepaal
wees goedhartig, beleef en liefdevol
vrede, vreugde en geluk op jou pad
klim die berge voor jou met moed
voltooi elke tydvak met eer
wees dankbaar vir elke
mylpaal wat jy bereik
oefen jou vlerke
moet dit nooit
swak laat
word nie
want
bokant jou
brand Sy Lig
en waarheid
in wysheid
gesetel
sing
vrolik
die lied
van jou
lewe
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.