vir
Gedigte
Helix
Helix
- Here, vanoggend, toe die son
skoon bronstig in my hart ontplof
ek my hande oor my oë vryf
en ek die fyn geur van viooltjies
op my lippe proe oopbars
toé Here, het ek opeens weer besef
die skepping reis ewig in U hart
en vreugdevol is ek, passasier
tussen ál die konstilasies
nebulas – uiteindelik terug
via Helix – U oog
deur die swartgat, reis ons pynloos
en vóél ek die naelstring wéér
my wese diép aan U siel vasknoop
geluidloos dié geboorte
terug in die kanaal van U skeppingsbesluit
deúr die diepste oseane
geen besluit in die planne ooit ‘n fout
ook hier, in my eensame Getsémane,
tussen rots en olyfbome
waar húlle slaap
staar ek op, buitentoe, boontoe
na waar U ligte verblydend skyn
en is oók my gebed – hoe moeilik ookal
dat U roeping mýne is
en hoor ek die oratorium
wyd in engelstemme
deur my roep, in volle klankbane
wat vér reik, die melkweg
álles omring en soos die reënboog
potte goue beloftes óm my skink
en vannag, wanneer die sekelmaan
kom lepellê, tussen my hart en kop
die newels van vrees weer wil kom
dan onthou ek weer die wierook
diep in U hart
waar die mirre my siel diep salf
die goud van U aanraking
my ság bly smelt
uit die harde rots
van pyn en vrees
en ek suiwer, kálm,
stil word, vrede aanvaar
weer en wéér geskep word
uit die pyn aan U kruis
die rus in die klipgraf van mý menswees
die stille kennis dat ook vir mý
U reddend steéds die heelal bly skep
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.