
vir
Gedigte
onvoelbare sien
ek sien jou oë
ek hou van jou gesig
dit bou vir my ‘n brug
van eensaamheid na
gemeensaamheid
.
eensaam en alleen
opgesluit in die massa
wat gillend in media skryf
my ore tuit van hul sugte
almal eensaam, alleen
.
gesigte word kennisse
kennisse word vriende
sonder voelbare kontak
filtreer die beste voetjie
elkeen in klieks en flieks
.
vriende her-ontmoet
onherkenbaar en stroef
ervaring maak hul kennisse
word nie regtig weer vriende
net flitse van oerse gesigte
.
dan kom die duister
geen tv, facebook of selfoon
net stille en soms kille koue
van onpersoonlike
eensaamheid
.
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.