Jongste aktiwiteit:

Kleurspel van liefde

Kleurspel van liefde

My liefde wil jou aandryf
na smaraggroenideale
wat soos vuuropale
aan jou hemelsfeer hang.

My liefde omhels jou
met kobaltbloukalmte
waarin die sterre hul oë,
wakend op jou hou.

My liefde omarm jou
met roosrooiwarmte
waarmee die oggendson
‘n nuwe dag omvou

en, my liefde kleef jou
liefkosend aan
soos die fosforglans
aan die edelmetaal
van ‘n perlemoenmaan,
terwyl dit chromaties
reflekteer en deflekteer
deur golwe en frekwensies
van spektrale kleur.

©Loretta Szikra




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak