Troebadoer swerwerskind Silwer
my voete rus by Lamberstbaai
in die see se salwende sus
ek gooi my hare in die wind by Kaapse punt
gee my hart vir die Knysna bos
dan
volg
ek
die
paaidjie al langs die kus
tot by St Francis baai
waar die golwe teen die rotse klots
het
my
paaidjie
weer
gedraai
my spore trap diep deur Beaufortwes
ek verloor my siel in Namaqualand
tussen daisies en kleurvolle blomkaros
kon ek my sorge agterlos
by Aggenys swaai ek na Pofadder
verby Kakemas en Katu
my stewels smelt teer deur Kuruman
my roete is onbeplan
ek kussing my hoof by die Apiesrivier
met die Jakarandas pers in blom
in Blydervierpoort sak my son
en word my stem vir ewig stom
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek