
verlange is
soos reënwolke oor my duin verwelk
fynbos sy groen kleur na herfs skuif
kaapse grysbokkies lammers afgooi
meeue hul sweeftogte luidkeels meld
gedagtes verward uit hart ontspring
inhibisies vervaard begin protesteer
winter koue die lewe om jou versuur
stap jy oor my duin asof dit somer is
hart verlang na die vredige stilte
van die soutpansberge reënwoud
waar gedagtes in eenvoud drup
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.