
Winterplaag
Die hemel se gesig dof,
die uitvonkige son verby:
lyfnaekende seun soek vir nog
sonder ‘n warme trui,
Kaalvoet, deur witmistige weer,
soek skuiling by n koue kol.
Bekbewerig, met liggaam op teer,
byt tande terwyl trane rol.
Winter pla’ reendruppels uit die lig,
soen slaapkooie natbek
teken rivierpoele onder die brug,
kinderhart nou met koue bevlek.
So wag die kinders in strate
vir winter se slenterslag,
toonkrullend en verlate
met hartjies wat nie lag.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek