Jongste aktiwiteit:

strandloper (Goud)

alleen     iewers aan ‘n kus

sal die oseaan se meesleurende

brandergeruis my slape sus

 

net daar sal ek dig     oor die

skaam klein krappe wat met water-terugtrek

blitsig sy-nael en woeps! in hul gaatjies terug

 

my verse sal bind     met die

gewydheid van my kus-wandeling

sraks sal my verse vind

 

dat die seebries

die rymwoorde van my hart

…waarvan my mond oorloop…

swiep van my tong     en

 

dit met die seesproei meng     sodat

dit my siel se vensters deurdrenk en

my oë (net vir ‘n wyle) die laaste sê gun…

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed