In brose blou (Goud)
’n Brose blou-eier breek in sagte beweging,
soos klokgelui kraak die dop se rand.
Babasagte goudgeel dons bewe bang,
met ’n eerste fladder, vlerkies nog broos.
Kuiken koes knus onder kwynende lig,
sonstraal streel stil oor die nes.
Klein pote trap teer-onseker eerste treë
– ’n wye wêreld wat op hul wag.
Nuwe lewe lê lig in vroeë lente-lug,
’n noot wat neurie in nuwe lewe
ontstaan waar hoop herleef,
en gousblomme giggelgeel groei.
Roerloos rus die dag voor die dans,
van ’n pasgebore pols wat lewend klop.
Alles fluister in die wind: die aarde
ruik na nat grond – ’n nuwe lewe het begin.
©MarleneErasmus
27/11/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek