Jongste aktiwiteit:

Liewe wind

Liewe wind

Deur: Ryno du Plessis

Jy soek my vertroue, maar los my woorde in die koue.

Oor my waai woorde van liefde, maar vir my sê jy ek is vol grille.

Jy lewe in ’n droom; ek moet volg, volstoom.

Was jy ook eens ’n kind? Het die grootmenswind jou verblind?

Sou jy my regtig soek, sal jy my vind in my veilige hoek.

Weggewaai van jou wind skryf ek voort aan my eie lewensboek.

Sit paraat en wag vir jou volgende versoek.

Met liefde,

Kind van die wind

©️ Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed