
Liefde vir altyd
Ek staan hier langs die hospitaal bed
weerloos lê jy daar al vir drie weke
jy kry suurstof, en jou oë bly toe
dit lyk of jy in ‘n diep slaap is
Mammie is dit regtig jy?
is dit wat die jare met mens maak,
wanneer jy oud is?
die dag toe jy geval het, en jou heup gebreuk het
daardie dag het alles verander, en vererger
My hart is seer, eintlik stukkend
al wat ek vir jou kan sê is
onthou net Mammie ek is baie lief vir jou
en sal vir altyd wees
Met jou hand styf in die Here sin
met engele reg rondom jou bed
sal jy nie alleen wees, of dalk vrees in jou voel
ons sal saam met jou stap tot waar,
‘n afskeidsgroet ons sal skei van mekaar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek