Jongste aktiwiteit:

ons liefde in Jasmyn (SILWER)

Italiaanse sonnet
(Valentynsonnet)

ons liefde in Jasmyn

my lief, my lewe was een vaal verlate woestyn
met geen kleure van die reënboog om te geniet
op die horison was geen vooruitsig te bespied
tot jy verskyn het in die aroma van Jasmyn
kyk! jy laat die son se strale goudgeel skyn
jy het vir my die see in kobaltblou kom bied
jy kom vul my wese met ʼn mooi minnelied
jy het my kom vertroetel soos kindjie: klein

maar in die diep donker van middernag se blou
het jy voor my kom staan, my vreugde kom steel
op wieke van die wind verwaai Jasmyn se geur
herinneringe is al waaraan ek nou kan vasklou
en as die winde sag oor my gelaat kom streel
is jy dalk weer op die horison te bespeur

©Marlene Erasmus
13/02/2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed