Jongste aktiwiteit:

Die stilte praat

Die stilte praat – duidelik
selfs as die huis nog slaap
want dan hoor jy
die koer van die duif
en die vrolike voëltjie sang.

Dit is in die oomblik van stilte
waar mens bewus word
van God se teenwoordigheid
van Sy fluisterstem
en jou afhanklikheid van Hom.

Dit is in hierdie stilte
waar my hart uitroep
Na God
want Hy weet
hoe hard die stilte
kan wees.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed