geringstelling
daar het reën geval
en daar was ook vloede
eers bid ons vir goeie reën
dan vir verlossing uit nood
stoei ons menselinge dapper
om kop bo water te hou
ken ons steeds niks nie
ons voorspel El Niño’s
selfs Super El Niño’s
maar ons kan nie
voorspel wat kom
selfs binne ure
kan die wêreld
om ons tuimel
dan sit ons
in sak en as
alles oorweldig
ons treur en ween
asof daar geen hoop
meer is nie – want ons
maak van Sy Woord
’n geringstelling
om te negeer
min wetende dat
Hy steeds
regeer
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.