Martha Maria Jones
Lees meer oor Martha Maria Jones
BRONSKLAS
JUNIE 2026 – STREEK/OMGEWING PROJEK
2.Buitelyne van grond
ek onthou nie straatname nie –
net stof teen my enkels
rooibruin grond wat brand en losmaak
die veld woon in my are
geel gras fluit deur bottelnek-lug
vergete vokale in die wind
die Khan lê oop in skemer
bobbejaan-spieëls breek lig
erongoberge skuif hul buitelyne
die lug rek blou – stil
ek is kind van wind en grond
sonskyn, sout in my mond
@marthamariajones