Tien woorde
Tien woorde voltooi die sirkelpatroon
In sy soewereine volheid word
Eindelose orde omring met
Nuutskeppinge in die kring ingebring
Waar begin voltooiing ontmoet
Omsluit tien die volle siklus en
Ontsluit die drumpel laaste lig
Reflekteer in eerste lig en
Determineer ’n nuwe gedig in ’n
Eindligsirkel* van tien woorde
——oooOooo——
©Pieter Mostert
*=neologisme
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.