Jongste aktiwiteit:

Walvisbaai

 

 

geelwit duine se wydte strek sag tot teen die baai

waar branders van die suide se koue seestrome

winde uit die ooste waai in warm woestyndrome

wat die spierwit strande met fyn korreltjies besaai

 

oop breë strate loop stil regdeur tot op die kaai

met palms  wat getrou waghou oor motor strome

klanke van die seelewe omhels die mens se drome

wat opklink in stille oggend waar golwe saggies baai

 

Skerp en rooi wei flaminkkoor statig in die blou gety

hulle skitter soos rooi juwele wat in die branders bly

hoë sandduine troon uit soos wagters oor elke dag

 

majestueus en magtig troon hul in ‘n goue skyn

en spieël oor die koue golwe wat gety poel belyn

terwyl die woestyn wêreld saggies daaroor lag

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed