koue lente
suid-ooste wind waai koud deur laan
die dooie blare val nou op die dak
grys kombers lê oor my huis se dak
terwyl somer sonstrale heeltyd taan
winter se koue behoort weg te gaan
maar koue kom en laat sy voelers sak
ons soek die kaggel vuur se diep gemak
bibber onder wolkomberse tot ons opstaan
lernte bring rykdom in kleurvolle lyn
fees van kleure wat uit die takke skyn
gly die koue nog saggies deur die blaar
die seisoen bring sy eie stil gebed
sy skoonheid blink in elke ope blaar
wat winter se koue greep ontset
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.