Jongste aktiwiteit:

rendezvous

in die glinstering van glimmende glimlagte
is vrede ‘n onverdienstelike verwagte
toe konsternasie
ietwat plek maak vir spasie

trane uit verskillende oorde
‘n weersiens uit verlangeboorde
ek het jou gemis
die lirieke van ‘n maskerbal gewis

die glimlag in jou oë is sonder ‘n masker
dit maak die lewensakker wakker
vat ‘n elmboogvyf
maak los dit litte in jou lyf

met of sonder sneeu
haas ons na die volgende eeu
ten minste kon ons geliefdes weer sien
en moed skep vir nog ‘n jaar van dien

© Francois Meyer




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed