Jongste aktiwiteit:

Liefdesbrief van die plaas

Liefdesbrief van die plaas

 

Ek soek na jou soos ’n windpomp soek na wind.

 

Ek vra jou mooi, soos gras vir die reën, om ’n bietjie van jou hart vir my te leen.

 

Soos elke dier hier op die plaas met hul maat, soek ek soms net ook ’n asem wat langs my blaas.

 

Alleen skree soms harder as die pou. Die gemis om my arms om jou te kon vou.

 

Vir daardie regte maat sal hierdie boer op die Here vertrou.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed