Lekker verjaar ou maat
Lekker verjaar, ou maat!
Vandag is jy ’n stappie nader aan die dag van brille en pille.
’n Dag nader waar ’n kierie jou moet lei, of jou stoel dalk wiele by sou kry.
Tog, voor jy daar mag kom, moet jy maar eers soos al die wyses die leer klim.
Mag elke dag se les jou leer om nooit na gister terug te keer. Mag die nuwe getal wat nou hoër opgaan, jou vertel: klim verder met die leer.
Wanneer jy eendag ook die kroon van grys mag dra, terugkyk en sê: hierdie myl het ek ook met trots behaal.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.