Kon ek maar daam met die wêreld glimlag
Kon ek maar net saam met die wêreld glimlag …
Die tandemuis het my mond kom roof.
My mooiste kroon het hy kom haal; vandag noem hy my tande huis.
My selfbeeld het sy deurmat geword; met trots vee hy nou sy voete skoon.
Die mooistes het hy kom haal; plek-plek het hy gate in my mond gelos, die gebrokenes vir my as troos gegee.
Sou die lewe my ook net ’n kans wil gee om opreg saam oopmond te kon lag.
Sodra ek dit waag, kry ek kyke met skewe oë. Grappies word dadelik stil, sodat my verrotte mond later weer vir ander ’n grappie word om te kan deel.
Naskrif:
Jy verdien jou lag. Die mooi in jou is groter as tande. Lag met trots; jy verdien dit.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.